Introduction
Die volgende video gaan oor wat ons in hierdie les gaan handel oor gedigte leer.
Task
Assessering 1
Hierdie aktiwiteit is gemik op die gedig.
Die hanswors - - S.J. Pretorius
Oor sy afstigtelike boggle
, en kromheid, het hul hom gekoggel,
en bitterder was hul venyn
as sy vergroeide ruggraatpyn.
Tussen die diere in ‘n hoek
het hy die eensaamheid gesoek:
“Met klere wat gedurig gaar is,
wat doen die vent met sy salaris ”
Hy’t maandeliks by die poskantoor
‘n brief gepos of een gelees
by die dierkratte, oor en oor:
“Sou daar tog êrens iemand wees?”
En daardie ewige reuk van drank:
nie een sou huil as hy bedank,
maar waar hy in die sirkustent
Aapagtig teen die firmament,
hoog teen die takelwerk, kon klouter,
die dood uittart, en klein kabouter,
sy duiwelstreke uithaal onder
dat almal skater vir die wonder,
is hy, hoeseer verag, verlate,
nog deur die baas beskou as bate.
Toe het ‘n brief gekom eendag…
Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
terwyl ‘n boggelvroutjie, sag,
sterwend fluister:
“Dankie my kind …”
- Hoeveel strofes het hierdie gedig? [1]
- Hoeveel versreëls het hierdie gedig? [1]
- Watter rymskema kom voor in hierdie gedig? [1]
- Watter retoriese vraag kom voor in hierdie gedig? [2]
- Aan wie het die hanswors sy geld gestuur? [2]
- Hoekom was misvormde mense gebruik in die sirkus? [2]
Process
In hierdie les gaan jy die volgende moet doen:
- Jy gaan die video in die introduction kyk om duidelikheid oor die term gedigte leer te kry.
- Jy gaan 'n gedig kry met 'n assessering gebaseer op dit vir punte.
- Jy gaan twee videos kry wat jy gaan moet kyk oor gedigte leer.
- Laastens gaan jy 'n huiswerk aktiwiteit kry om te doen oor gedigte leer.
Evaluation
Vraag 1 [1 punt]
Vraag 2 [1 punt]
Vraag 3 [1 punt]
Vraag 4 [2 punte]
Vraag 5 [2 punte]
Vraag 6 [2 punte]
Conclusion
Leerders moet die volgende Aktiwiteit as huiswerk doen.
Aktiwiteit 1
Hierdie aktiwiteit is dus ook gebaseer op die gedig "Die hanswors"
- Wtter woord in die eerste strofe verklaar dat die hanswors altyd pyn ervaar?
- Van wie het die hanswors elke maand 'n brief ontvang?
- Haal die vergelyking in strofe 1 aan.
- Waarvoor het die mense die hanswors gekritiseer?
- Watter tipe rymskema word hier aangetref?
- Waarom het die baas die hanswors as 'n voordeel beskou?
Credits
Kyk na die volgende videos en verbreed jou kennis met gedigte leer.
Teacher Page
Juffrou Cupido
Deur saam te werk kan ons saam sukses bereik.
Voel vry om my 'n email te stuur as jy nie die werk verstaan nie en ek sal met graagte verduidelik.
Sodra jy klaar is kan jy jou werk epos na my epos adres; kautharcupido29@gmail.com