Toer deur literêre terme in "Versagtende omstandighede" geskryf deur Peter Snyders Afrikaans!

Introduction

Gedigte en die ontleding daarvan in Afrikaans kan soms baie eentonig word dus kan onderwysers in die les aanbieding daarvan baie maklik hul leerders verloor. Vandag se les oor die voorgeskrewe gedig sal dus bietjie anders as die gewone wees.

Bestudeer die gedig aandagtig.

Versagtende omstandighede – Peter Snyders

 Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik

innie hiemel,

maa Here, vergiewe,

die hiemel issie my soort liewe,

ek hou van sing en harpmusiek

maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.

En Here, dit sal hel vi my wies

om met niks-doen myself elke dag te vervies;

en sover dit die goudstrate

en pearly-gates betref,

wat baat dit?

Klip en teer is veels meer werd.

Maa Here, hou my baas asseblief tog daa

want waa hy nie

kan exploit nie is hy tog te naar;

en hou hom dop want sonner om te aarsel sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.

Ja, Here, ekket my foutjies oek

en waar amil perfek is

sal ek heeldag vloek,

want volle perfection en contentment

sal my torture tot binne-in my fonnement.

En dan boenop hoor ek

seks is yt –

soe stuur my aire hel toe

of waar ek my talent kan gebryk.

En as ek te goed is

om gebraai te word

laat my lieweste trug kom, Lord

as kunstenaar na 'n land

in 'n historiese tyd –

soes Suid-Afrika,

waar ek kan teer

op 'n tesamebeleid.

En tussen die revolutions

(hou my aanie underdog se kant)

sorg dat ek by Florrie

(vroeër mevrou Soetwater)

voorit te laat is, beland.

Laat my dan liewer hier

oppie aarde ly

as om vir iewag in u

grafstienhiemel te bly.

 

Ek hoop dat julle hierdie les sal geniet. 

Task

Voorbeeldvrae met wenke & antwoorde

1.1  Watter assosiasies is daar met die titel van die gedig?

Wenk: Maak seker dat jy weet wat ‘n assosiasie is. Dit is die beeld of voorstelling wat iets in jou gedagtes oproep omdat daar ‘n sekere verwantskap tussen die twee goed is.

Dit word gewoonlik deur ‘n advokaat in ‘n hof gebruik wanneer iemand skuldig is aan ‘n misdaad en daar redes aangevoer word waarom ‘n ligter vonnis toe gedien moet word.

1.2  Verduidelik die ironie in die titel van die gedig.

Die spreker is sy eie advokaat en voer redes aan waarom hy nié met die hemel – ‘n plek van belonging – gestraf moet word nie.

Wenk: Maak seker jy weet wat ironie beteken. Onthou ironie wesenlik op ‘n teenstelling berus en jy moet die teenstelling in jou antwoord aandui.

2        Waarom, dink jy, wil die spreker graag aan die “underdog” se kant gehou word?

Wenk: Maak seker jy weet wat die woord “underdog” beteken. Wat is die teenoorgestelde van ‘n “underdog”?

Die spreker wil waarskynlik nie in dieselfde groep as die onderdrukkers gereken word nie.

Aktiwiteit:

3        Is die gebruik van Kaaps in hierdie gedig gepas? Verduidelik.

4        Hoe weet jy dat die gedig eintlik ‘n gebed is?

5        Noem die redes wat die spreker aanvoer as “versagtende omstandighede”.

6        Waarom, dink jy, voel die spreker dat strate van goud en “pearly-gates” van weinig waarde is in die hemel?

7        Wat impliseer die gebruik van die woord “agteraf” van die spreker se “baas”?

8        Waarom gebruik die spreker die verkleinwoord in reël 18?

9        Wat bedoel die spreker met sy woorde in reël 27 en 28?

10    Waarom wil die spreker as hy te goed is vir die hel, na ‘n land in ‘n “historiese tyd”, soos Suid-Afrika, terugkeer?

11    Watter ander voordeel het Suid-Afrika vir die spreker?

12    Verduidelik die ironie in die slotstrofe.

 

Gebruik die hulpmiddele om die gedig te ontleed deur 'n kragpuntvoorlegging.

 

Process

  1. Lees deur die gedig in die inleiding.
  2. Beantwoord die vrae in die opdrag seksie deur gebruik te maak van die volgende video opname. 
    https://www.youtube.com/watch?v=mASRD8SruRo

     

  3. Maak 'n kragpuntvoorlegging deur gebruik te maak van die formaat verskaf. https://drive.google.com/file/d/1-O1o1z3RBHcYa2xgYbgg_DbGPtfb_mv0/view?usp=sharing

Evaluation

Hier volg die antwoorde op die opdrag.

Aktiwiteit memorandum

3    Ja, dit verleen egtheid omdat dit die spreektaal van die spreker in die gedig is.

4    Die spreker praat met God. Hy spreek die Here in elk van die eerste vyf strofes direk aan.

5    Die hemel is nie sy soort lewe nie. Hy raak lugsiek as hy vlieg. Hy hou nie van niksdoen nie. Goud en pêrels staan hom minder aan as klip en teer. Hy hou nie van perfeksie nie. Hy kan nie sy talent vir seks daar gebruik nie.

6    Hy voel dalk dat ‘n mens daardie rykdom beter op aarde gebruik.

7    Hy is skelm en skeinheilig.                       

8    Hy wil sy sondes geringer laat voorkom as wat dit is.

9    Hy verwys na die hel waar ‘n mens volgens oorlewering gaan brand (“braai”) vir jou sondes.

10  Vir ‘n kunstenaar bied so ‘n land baie stof vir sy kunswerke.

11  Hy kan sy talent ook hier gebruik – Florrie is immers hier.

12  Hy beskou die hemel as ‘n plek met grafte terwyl dit juis die plek as waar mense volgens die Bybel vir ewig sal lewe en die grafstene juis op aarde is waar hy sê hy verkies om te bly. 

 

Opvoeder gebruik diskressie om die kragpuntvoorlegging te evalueer.

Conclusion

Aan die einde van hierdie les behoort die leerder:

  • in diepte kennis van die gedigte te openbaar
  • literêre terme te kan identifiseer
  • gedig vrae te kan beantwoord
  • gedig op eie kan ontleed.

Credits

[Bron: 'n Waarskynlike mens, 1992]

KABV 12 Afrikaans Huistaal Voorgeskrewe gedigte X-Kit Presteer

 

Teacher Page

Indien leerders ekstra hulp benodig kan hulle my as opvoeder kontak.

 

Leerders kan ook die volgende hulpmiddele van gebruik maak vir handleiding. 

https://www.youtube.com/watch?v=V47dZ_RU4_w

https://www.youtube.com/watch?v=CgUL45KV5Sc

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/10416/6b9215bb1dd849f7a37abba5e6b6c719.pdf