Literere Kenmerke en Aspekte

Introduction

https://youtu.be/jW1YXNkDwTo

Goeie Dag Klas.

Kyk die volgende Video wat die inleiding is tot vandag se les, daarna sal die volgende opdrag volg

Task

Date 30 AUGUST

Marks   26

Vraag 1                                                                                                                              [4]

Pas die definiesie by die term en skryf jou antwoord in die kolom wat vir jou gegee is.

Term Definisie
1.1. Literêre  A. ñ vraag vra, maar nie ñ antwoord verwag nie.
1.2. Retoriese vraag B.  hoe vinnag of stadig jy lees.
1.3. Tempo C. ñ teks wat deel van letterkunde is.
1.4. Vergelyking D. twee goed langs mekaar plaas en vergelyk.

 

Vraag 2 

 Ek het  ñ huisie aan die  Rand. Dis nag.

Ek het my huisie tweemanhoog ommuur:

in draad gespan; ñ kopbeen sê: Bly weg !

Dit is ñ fort waar ek my sans verskans.

 

Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal,

deure klap,rubberbande snerp op teer.

Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val

(of is dit binne waar diefwering makeer?)

 

Ek het ñ huisie aan die Rand. Dis nag.

My huis, my paradys, bly lekker onversteur.

Kyk hoe blink die koppe aan my draad:

Tot hier dring niemand, maar niemand deur.

 

Ek het ñ huisie aan die Rand. Dis  nag.

Die alarm by die Trellidor hou knipoog wag.

2.1. Dis nag (Reël 1)

2.1.1. Gee die denotatiewe betekenis van die woorde.     [2]

2.1.2. Gee die konnotatiewe betekenis van die reël.         [2]

2.2. Kyk na reël twee en benoem die stylfiguur wat daar voorkom.    [1]

2.3. ñ Kopbeen sê: Bly weg !. (reël). Watter beeldspraak is dit?         [2]

2.4. Gee twee voorbeelde van onomatopee. (strofe 2 )                       [4]

2.5. Identifiseer die beeldspraak die beeldspraak wat hier voorkom. skryf slegs die letter neer.      [1]

Reël 6: "... rubberbande snerp op teer."

A. Hiperbool

B. Eufimisme.

C. Personifikasie.

D. Klanknabootsing.

2.6. Verduidelik die personifikasie in reël 14.         [3]

2.7. Gee ñ voorbeeld van wat Hiperbool is?                    [1]

 

Vraag 3                   [10]

Ontleed die volgende gedig en en maak gebruik van jou notas om jou te help.

Ek is ñ lemoen

Sny my skil

met jou lemme,

skeur die wit punster

tot waar jy wil.

Ruk die skrewe

uitmekaar,

tot waar die vesels

die sap bewaar,

En die soet sal

 by jou smaakliere insink: 

skerper, dieper,

as wat jy aanvanklik dink ... 

 

 

 

Process

https://www.youtube.com/watch?v=03-e1FV4mxU

Nadat jy na die video gekyk het skryf die volgende belangrike notas in jou werkboek oor.

Strofebou :

 Versreëls wat saam gegroepeer is ( soos ñ paragraaf in prosa)...

Koeplet  bestaan uit twee versreëls
Tersiene bestaan uit drie versreëls
Kwatryn bestaan uit vier versreëls
Sestet / Sekstet bestaan uit ses versreëls
Oktaaf bestaan uit ag versreëls

Rymskema :

Binnerym - Waar een woord/ beklemtoonde lettergreep met die eindwoord of beklemtoonde lettergreep in dieselfde versreël rym.

Dit word steeds gebruik, ook in die vrye vers. Bv : “ die kaart was gekrap  die batterye pap” (uit kontak)

Eindrym - Rymklanke kom aan die einde van die versreëls.

https://youtu.be/VmHiqnq19TQ

Figuurlike betekenis - Woorde of frases wat figuurlik gebruik word om ñ sekere effek of konnotatiewe betekenis te .

Bv. Idiome , vergelykings en personifkasie

Letterlike betekenis - Die eenvoudigste, mees direkte betekenisvan woord (woordeboekbetekenis)

Tema - Die tema  is die sentrale idee  of hoofgedagteWat het die digter laat besluit om hierdie gedig te skryf?

Boodskap - Die boodskap is gewoontlik die lewensles  wat ñ leser uit die gedig aflei.

Beeldspraak - Taaluiting wat van figuurlike taal gebruik maakBv: vergelyking , metafore en personifikasie

https://youtu.be/KBNif-iYfdM

 Stylfigure - Afwykings in woordgebruik om groter krag aan skryfwerk te verleen. Bv : Hipperbool, elisie, inversie, paradoks,sarkasme

https://youtu.be/88BPqI4nF-U

Hiperbool - Doelbewuste oordrywing, om iets groter  as wat dit werklik is , voor te stel.

Ironie - Woordgebruik waarmee ñ mens die teenoorgestelde van wat jy bedoel/ verwag.

Alliterasie en Assonansie:

https://youtu.be/07DwMPer1j0

Alliterasie - Dieselfde medeklinkers of konsonat in beklemtoonde lettergrepe word in dieselfde versreël herhaalBv : Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonder om te sê sy sal sleep swaar

Assonansie - Herhaling van klinkers  of vokale in beklemtoonde lettergrepe in twee of meer woordeBv : my oupa is ouer as google.   Jy moes elke feit gaan naslaan

Beklemtooning - Ñ woord wat belangrik is, word op baie verskillende maniere onder die leser se aandag gebringBv : alleenplasing,

Retoriese vraag - Ñ vraag waarop die antwoord nie verwag word nie of die spreker beantwoord dit self.

 

Wanneer jy klaaar deur hierdie notas gelees het is jy gereed om  die oefening te doen. Sterkte !!

Evaluation
VRAAG PUNT
Vraag 1  4
Vraag 2 16
Vraag 3 10
TOTAAL 26

 

 

 

Conclusion

Opsomming van die les.

Hierdie les het gehandel oor Literêre aspekte en kenmerke.

Sodra jy deur hierdie notas gewerk het moet jy dit kan gebruik om ñ gedig te ontleed.

 

Ons volgende les sal ñ  gedig wees : Sprokie vir ñ Stadskind  deur Koos du Plessis 

Luister hierdie liedtjie tervoorbereiding van ons volgende les

https://www.youtube.com/watch?v=C91k-NOXzwg&list=RDC91k-NOXzwg&start_ra…