Informele brief

Introduction

 

Beste studente 

Hieronder is n video aan geheg waar ek verduidelik hoe om die brief te skryf. 

As jy op die link gaan druk sal dit jou direk na die video neem. 

 

https://youtu.be/0BbX6oYVxWk

 

Task

OPDRAG

Skryf n informele brief aan jou vriend/vriendin van ongeveer 150-180 woorde. Die onderwerpe is as volg:

  1.  Jy vertel hom/haar van jou opwindende skool vakansie en wat jy ondervind het. 
  2. Hoe jy voel oor die COVID-19 pandemie.

Onthou dat die formaat van n informele brief is uiters belangrik!

Totaal=30

Process

Hier onder verduidelik ek die vorm van n informele brief.

Onthou julle is welkom om terug te kom na my toe indien jy nie verstaan nie.

Stap 1

Jou adres aan die regterkant met geen leestekens nie. Eers die straatnaam en die nommer. Die datum is baie belangrik.

Stap 2

Onthou om n reel oop te laat na die datum en dan groet jy vir die persoon aan wie jy skryf bv Beste Zeynep. LET WEL dat sodra jy klaar is aan die regterkant met die adres dan gan j oor na die linkerkant toe. Dan laat jy weer n reel oop.

Stap 3

Paragraaf 1 is jou  inleiding . Dit gee die rede vir jou brief en dis nie langer as 3-4 sinne nie. Reel oop.

Die ligaam van die brief(paragraaf2) brei uit op jou onderwerp. Jy kan 2-3 paragrawe skryf. Reel oop.

 Stap 4

Die slot paragraaf sal jou laaste paragraaf wees waarin jy jou brief af rond. Laat dan n reel oop na dit en stuur groete of wens hulle iets mooi toe.

Stap 5

Heg altyd jou naam aan sodat Anna van Westhuizen kan weet wie dit vir haar geskryf het.

 

DANKIE!

Evaluation

Ek merk soos die rubriek wat aan geheg is.

Totaal is uit 30

 

Taal en Struktuur

x 15

Respons en idees, Organisering van idees. Is wel gedaan x5

Het jy nog bietjie help nodig. x5

Kort nog baie help nodig.x5

Taal Styl en Figuur 

x15

Toon, register, styl en woordeskat strewe na perfeksie. x5

Toon, register, styl en woordeskat is minder geskik. x5

Niks stem ooreen nie. Nodig dringend help. x5

 

Conclusion

Aan die einde van hierdie assessering neem ek aan dat almal bekend is met die formaat van n informele brief.

  • Ons weet dat die adres kom aan die regterkant van die brief
  • Eers die straatnaam dan die nommer
  • Onthou m altyd te groet.

Dit was die laaste assessering voor die finale eksamen.

LET WEL: Eksamen begin die 10 Oktober 2021

Die 13de Oktober skryf julle Afrikaans Vraestel 3, die informele brief!

Alle voorspoed en sterkte !

Credits
Teacher Page

Goeiedag studente

Indien julle enige vrae het, moet nie huiwer om my te kontak nie op Whatsapp of e-pos 219034222DM@gmail.com of 219034222@mycput.ac.za.

Dankie 

Mej. D. Mollet