Graad 10 - Taal - Lydende en Bedrywende vorm

Introduction

Goeie Morê graad 10! :) 

Vandag doen ons taal ... Kyk gerus die onderstaande video vir meer inligting. 

https://youtu.be/tvry2aZNgdQ

 

Task

Vandag gaan ons lydende en bedrywende vorm doen. (Passive and Active voice)

Kyk die kort video met die nodige verduideliking, daarna sal my verduideliking volg. Met albei hierdie bronne sal julle dan die oefening voltooi.

https://www.youtube.com/watch?v=sqSuXyeRa5o

  • Bedrywende vorm: Wanneer die onderwerp van die sin die akise uitvoer.

“Die meisie bad die hond.’’

 

  • Lydende vorm: Wanneer die voorwerp aan die begin van die sin staan.

“Die hond word deur die meisie gebad.”

 

Volg die volgende stappe:

 

  1. Stel vas in watter tydsvorm die sin geskryf word.
  2. Identifiseer die onderwerp, voorwerp en gesegde (werkwoord)
  3. Skryf die sin in die lydende of bedrywende vorm.

 

Onthou! Die onderwerp en voorwerp ruil plekke.

 

    1. ‘Die kat eet kos.’

 

  • Teenwoordige tyd
  • Onderwerp: Die kat
  • Voorwerp: kos
  • Gesegde: eet

 

Die formule vir teenwoordige tyd is:

 

Voorwerp word deur onderwerp ge+gesegde

 

‘Die kos word deur die kat geëet.’

 

    1. ‘Vusi het ‘n life gesing.’

 

  • Verlede tyd
  • Onderwerp: Vusi
  • Voorwerp: lied
  • Gesegde: gesing

 

 

Die formule vir verlede tyd is:

Voorwerp is deur onderwerp ge+gesegde

 

‘‘n Lied is deur Vusi gesing.’

 

    1. ‘Die baba sal melk drink.’

 

  • Toekomstige tyd
  • Onderwerp: Die baba
  • Voorwerp: melk
  • Gesegde: drink

 

Die formule vir toekomstige tyd is:

 

Voorwerp sal deur onderwerp ge + gesegde word.

 

‘Melk sal deur die baba gedrink word.’

 

Geen voorwerp = Daar

 

  • Hy verf!

‘Daar word deur hom geverf.’

 

  • Die kat het geslaap.

‘Daar is deur die kat geslaap.’

 

Geen voorwerp en onderwerp = Daar + moet

 

  • Slaap!

‘Daar moet geslaap word.’

 

  • Doen huiswerk!

‘Daar moet huiswerk gedoen word.’

 

 

 

 

Process

Oefening: Skryf die sinne oor in die lydende vorm

 

  1. Die komitee reël die fees.

 

  1. Die skrywer skryf ‘n nuwe boek.

 

  1. Baie mense sal die fees bywoon.

 

  1. Die skywer sal ‘n prys ontvang.

 

  1. Hulle stal die boeke by die fees uit.
Evaluation

Vir elke korrekte antwoord sal die leerder 2 punte toegeken word! 

Total: 10

Conclusion
  • Bedrywende vorm: Wanneer die onderwerp van die sin die akise uitvoer.

  • Lydende vorm: Wanneer die voorwerp aan die begin van die sin staan.

 

  • Onderwerp: Die doener van die aksie

  • Voorwerp: Die persoon/ding wat die aksie ontvang.

  • Gesegde: Die aksie wat uigevoer word.