Afrikaans Huistaal Gedigte Leer

Introduction

Die volgende video gaan oor wat ons in hierdie les gaan handel oor gedigte leer.

https://youtu.be/Lsbhntfftas

 

Task

Assessering 1

Hierdie aktiwiteit is gemik op die gedig.

 

Die hanswors - - S.J. Pretorius 

Oor sy afstigtelike boggle

, en kromheid, het hul hom gekoggel,

 en bitterder was hul venyn

 as sy vergroeide ruggraatpyn. 

 

Tussen die diere in ‘n hoek

 het hy die eensaamheid gesoek:

“Met klere wat gedurig gaar is,

 wat doen die vent met sy salaris ” 

 

Hy’t maandeliks by die poskantoor

 ‘n brief gepos of een gelees

 by die dierkratte, oor en oor:

 “Sou daar tog êrens iemand wees?”

 

 En daardie ewige reuk van drank:

 nie een sou huil as hy bedank,

 maar waar hy in die sirkustent

  Aapagtig teen die firmament,

 hoog teen die takelwerk, kon klouter,

 die dood uittart, en klein kabouter,

 sy duiwelstreke uithaal onder

  dat almal skater vir die wonder,

 is hy, hoeseer verag, verlate,

 nog deur die baas beskou as bate. 

 

Toe het ‘n brief gekom eendag…

 Hy’t oor die bed gebuk, verblind,

 terwyl ‘n boggelvroutjie, sag,

 sterwend fluister:

“Dankie my kind …”

 

  1. Hoeveel strofes het hierdie gedig?                                           [1]
  2. Hoeveel versreëls het hierdie gedig?                                       [1]
  3. Watter rymskema kom voor in hierdie gedig?                          [1]
  4. Watter retoriese vraag kom voor in hierdie gedig?                   [2]
  5. Aan wie het die hanswors sy geld gestuur?                             [2]
  6. Hoekom was misvormde mense gebruik in die sirkus?           [2]
Process

In hierdie les gaan jy die volgende moet doen:

  • Jy gaan die video in die introduction kyk om duidelikheid oor die term gedigte leer te kry.
  • Jy gaan 'n gedig kry met 'n assessering gebaseer op dit vir punte.
  • Jy gaan twee videos kry wat jy gaan moet kyk oor gedigte leer.
  • Laastens gaan jy 'n huiswerk aktiwiteit kry om te doen oor gedigte leer. 
Evaluation

Vraag 1   [1 punt]

Vraag 2   [1 punt]

Vraag 3   [1 punt]

Vraag 4   [2 punte]

Vraag 5   [2 punte]

Vraag 6   [2 punte]

Conclusion

Leerders moet die volgende Aktiwiteit as huiswerk doen.

Aktiwiteit 1

Hierdie aktiwiteit is dus ook gebaseer op die gedig "Die hanswors"

  1. Wtter woord in die eerste strofe verklaar dat die hanswors altyd pyn ervaar?
  2. Van wie het die hanswors elke maand 'n brief ontvang?
  3. Haal die vergelyking in strofe 1 aan.
  4. Waarvoor het die mense die hanswors gekritiseer?
  5. Watter tipe rymskema word hier aangetref?
  6. Waarom het die baas die hanswors as 'n voordeel beskou?
Credits

https://www.youtube.com/watch?v=q1f9LqAvAVQ

https://www.youtube.com/watch?v=03-e1FV4mxU

Kyk na die volgende videos en verbreed jou kennis met gedigte leer.

Teacher Page

Juffrou Cupido

Deur saam te werk kan ons saam sukses bereik.

Voel vry om my 'n email te stuur as jy nie die werk verstaan nie en ek sal met graagte verduidelik.

Sodra jy klaar is kan jy jou werk epos na my epos adres; kautharcupido29@gmail.com