Introduction
Task
In die gedig maak die spreker van beeldspraak (1) én stylfigure (2) gebruik om aan te toon hoe die vigslyer se liggaam deur die siekte afgetakel is.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.
Die vraag bestaan uit TWEE dele; maak dus seker dat beide dele beantwoord word.
Process
1. Eerste lees: Lees die hele vraag om ’n algehele prentjie te kry.
2. Tweede lees: Onderstreep kernwoorde en nommer die verskillende afdelings van die vraag.
3. Derde lees: Verduidelik die vraag aan jouself!
4. Herinner jouself aan die vereistes van die vraag!
Wenk: Verstaan die aksiewoorde.
Evaluation
|
Vraag |
Hoeveel |
Antwoord |
||
|
Voorbeeld |
Punte |
Dele |
Sinne |
Moontlikhede |
|
Skryf die woord in die titel neer wat by "takelwerk" in reël 1 aansluit. |
1 |
1 |
1 |
vigslyer |
|
Benoem die beeldspraak in versreël 5 en 6 en gee die betekenis van die beeld wat geskep is in jou eie woorde. |
2 |
2 |
2 |
Vergelyking Die vel is soos dun seil. Die kandidaat bied 'n soortgelyke verklaring vir EEN punt aan. |
|
Waarom is die gebruik van slegs twee woorde in versreël 10 funksioneel? |
1 |
1 |
1 |
Die lyf wat al kleiner word, word uitgehef (deur die kort reël). Die kort versreël beklemtoon die lyf (van die vigslyer) wat al kleiner word. |
|
Wat suggereer die spreker met versreël 13? |
1 |
1 |
1 |
Die vigslyer se oë is nie werklik groter nie./se lyf en kop wat maerder word, vertoon nou groter |
|
Haal die eufemisme in versreël 15 aan. Dink jy die gebruik van dié stylfiguur is gepas? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. |
3 |
2 |
3 |
“sag gaan” Ja
Die vigslyer smag na verlossing van die lyding.
Die slotstrofe fokus op die lyding/sterwe van 'n mens. Die mens se oë/vensters van die siel wys sy/haar emosies/onbegrip wat 'n eufemisme gepas maak.
In die slotstrofe raak die spreker subjektief betrokke./is hy/sy met deernis/simpatie gevul. Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan |
|
Skryf versreël 15 en 16 oor en onderstreep die assonerende klanke. Wat word in dié reëls met dié assonansie bereik? |
2 |
2 |
2 |
na die genade van sag gaan/ na verstaan Die herhaling van die lang a-klank ondersteun die somber atmosfeer./ Die aa-assonansie gee 'n trae/stadige gang/tempo aan die slot (wat die vigslyer se naderende dood ondersteun.)/ Dit sluit aan by die deernis met die vigslyer./ Dit beklemtoon die genade/verstaan in die slot. |
Conclusion
Lees die instruksies van elke vraag.
Moenie bloot parafraseer nie!
Die vraag bestaan uit TWEE dele; maak seker dat jy BEIDE dele beantwoord.
Teacher Page
If anything is unclear, please do email me. I will try my utmost best to reply ASAP. But everything should be apparent since we already analyzed the poem in class.
All of the best grade 11s!
Keep up the good work